En Egipte--nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.
God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.
Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus- hierdie een is daar gebore.
U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.
Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie?