Skip to Content

"nege"

51 keer in AFR53

en Kehíla en Agsib en Marésa: nege stede met hulle dorpe;

en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe;

So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe.

So was dan al die dae van Set nege honderd en twaalf jaar, en hy het gesterwe.

So was dan al die dae van Enos nege honderd en vyf jaar, en hy het gesterwe.

So was dan al die dae van Kenan nege honderd en tien jaar, en hy het gesterwe.

So was dan al die dae van Jered nege honderd twee en sestig jaar, en hy het gesterwe.

So was dan al die dae van Metúsalag nege honderd nege en sestig jaar, en hy het gesterwe.

So was dan al die dae van Noag nege honderd en vyftig jaar, en hy het gesterwe.

En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog twee honderd en nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

Toe Nahor nege en twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.

Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.

En Abraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.

En in die nege en dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die HERE nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.

Vyf en twintig jaar oud, het Amásia koning geword, en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Joáddan, van Jerusalem.

Jehiskía het, vyf en twintig jaar oud, koning geword en nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abía, die dogter van Sagaría.

Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die heiligdom--die goud wat as offer aangebied was, het bedra nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.

Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die heiligdom--die goud wat as offer aangebied was, het bedra nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.

En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, nege en twintig messe;

die kinders van Sattu, nege honderd vyf en veertig;

Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, nege honderd drie en sewentig;

Die kinders van die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, almal saam honderd nege en dertig.

die kinders van Sénaä, drie duisend nege honderd en dertig.

Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, nege honderd drie en sewentig;

Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege en veertig jaar is.

hulle geteldes van die stam van Símeon was nege en vyftig duisend drie honderd.

En sy leër met hulle geteldes was nege en vyftig duisend drie honderd.

En die owerstes van die volk het in Jerusalem gewoon, maar die res van die volk het die lot gewerp om een uit tien daartoe te bring om in die heilige stad Jerusalem te woon, en nege dele in die stede.

en ná hom Gábbai-Sállai, nege honderd agt en twintig.

En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.

Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van die Refaïete. Is sy ledekant, 'n ysterledekant, nie daar in Rabba van die kinders van Ammon nie? Nege el is sy lengte en vier el sy breedte, gewone elle.

Verdeel dan nou hierdie land as erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasse.

deur verloting van hulle erfdeel, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het, met betrekking tot die nege en 'n halwe stam.

en Lebáot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam nege en twintig, met hulle dorpe;

en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.

En die kinders van Israel het die HERE aangeroep; want hy het nege honderd ysterwaens gehad en die kinders van Israel twintig jaar lank swaar verdruk.

het Sísera al sy strydwaens, nege honderd ysterwaens, en al die manskappe wat by hom was, uit Haróset van die heidene na die spruit Kison bymekaargeroep.

So het hulle dan deur die hele land rondgetrek en in Jerusalem aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae.

Vyf en twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het; en nege en twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Joáddan van Jerusalem.

Sallum, die seun van Jabes, het in die nege en dertigste jaar van Ussía, die koning van Juda, koning geword en 'n maand lank in Samaría geregeer.

In die nege en dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Menáhem, die seun van Gadi, koning oor Israel geword in Samaría--tien jaar lank.

In die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hoséa, die seun van Ela, in Samaría oor Israel koning geword--nege jaar lank.

Vyf en twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en nege en twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abi, 'n dogter van Sagaría.

en Elisáma en Éljada en Elifélet, nege--

en hulle broers volgens hulle afstamming, nege honderd ses en vyftig; al hierdie manne was familiehoofde van hulle families;

Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?

En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie verdwaal het nie.

Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?

Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.

Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?