En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen.
Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.
Kom ook nie in 'n huis van maaltye om met hulle saam aan te sit nie, om te eet en te drink nie.
En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye--
Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye.