Uit die huis van Togarma het hulle perde en ryperde en muilesels as handelsware aan jou gelewer.
Toe jou handelsware uit die see voortgekom het, het jy baie volke versadig; met die menigte van jou goed en jou koopware het jy die konings van die aarde ryk gemaak.