"hadaréser"
10 keer in AFR53
Ja, Hadaréser het gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat laat uittrek, en hulle het in Helam aangekom, met Sobag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.
En toe al die onderhorige konings van Hadaréser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Israel vrede gesluit en hulle gedien; en die Arameërs was bevrees om die kinders van Ammon langer te help.
Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig.
En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadaréser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan.
En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadaréser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
En uit Tibhat en uit Kun, stede van Hadaréser, het Dawid ontsaglik veel koper weggeneem; daarvan het Salomo die kopersee en die pilare en die kopergereedskappe gemaak.
Toe Toü, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadaréser, die koning van Soba, verslaan het,
stuur hy sy seun Hadóram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens dat hy teen Hadaréser geveg en hom verslaan het, want Hadaréser was 'n vyand van Toü. Ook allerhande goue en silwer-- en kopervoorwerpe het hy saamgebring.