"adam"
16 keer in AFR53
En Adam het sy vrou weer beken, en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my 'n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.
Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.
Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.
En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.
Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom.