Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel 'n mooi meisie gesoek en Abísag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.
Daarop het Bátseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Abísag, die Sunamitiese, die koning bedien.
Toe sê hy: Spreek tog met koning Salomo, want hy sal u nie afwys nie, dat hy Abísag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet gee.
En sy sê: Laat Abísag, die Sunamitiese, aan u broer Adónia as vrou gegee word.
Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Abísag, die Sunamitiese, vir Adónia? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir Abjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Serúja!