Skip to Content

"deugniet"

9 keer in AFR53

Durf iemand aan 'n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!

Hou tog nie u dienares vir 'n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.

En nou moet u self ondersoek en kyk wat u moet doen; want die onheil is vas besluit oor ons heer en oor sy hele huis; maar hy self is so 'n deugniet dat jy nie met hom kan praat nie.

My heer moet hom tog nie steur aan daardie deugniet van 'n man, aan Nabal nie; want soos sy naam is, so is hy; sy naam beteken dwaas, en dwaasheid is by hom. Maar wat my betref, u dienares het my heer se jongmanne wat u gestuur het, nie gesien nie.

En dit het Símeï gesê terwyl hy vloek: Weg, weg, jou bloedvergieter en jou deugniet!

En daar was by geval 'n deugniet met die naam van Seba, die seun van Bigri, 'n Benjaminiet--hy het op die ramshoring geblaas en gesê: Ons het geen deel aan Dawid, en ons het geen erfdeel aan die seun van Isai nie: elkeen na sy tente toe, o Israel!

'n Deugniet, 'n kwaaddoener is hy wat met 'n valse mond rondloop,

'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur.

'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.