Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;
een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.
Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.
Onverwags en in die vetste dele van die provinsie sal hy inkom, en hy sal doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie: roof en buit en goed sal hy onder hulle uitstrooi en teen vestings planne beraam, maar net vir 'n tyd.