En ná haar het hy Máäga, die dogter van Absalom, geneem, en sy het vir hom Abía en Attai en Sisa en Sélomit gebaar.
En die seuns van Pedája was Serubbábel en Símeï; en die seuns van Serubbábel was: Mesúllam en Hanánja; en Sélomit was hulle suster;
en van die kinders van Bani: Sélomit, die seun van Josífja, en saam met hom honderd en sestig manspersone;
Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.