"sallum"
27 keer in AFR53
Toe het daar manne uit die hoofde van die kinders van Efraim opgetree teen die wat uit die stryd kom: Asárja, die seun van Jóhanan, Berégja, die seun van Mesíllemot, en Jehiskía, die seun van Sallum, en Amása, die seun van Hádlai,
Toe gaan Hilkía en die wat die koning gestuur het, na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tokhat, die seun van Hasra, die klerebewaarder--sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon--en hulle het so met haar gespreek.
En die seuns van Josía was: die eersgeborene Jóhanan, die tweede Jójakim, die derde Sedekía, die vierde Sallum.
Die kinders van die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, almal saam honderd nege en dertig.
En naas hom het Sallum, die seun van Hallóhes, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel, hy met sy dogters.
En die Fonteinpoort het Sallum, die seun van Kol-Hosé, owerste van die distrik Mispa, herstel; hy het dit opgebou en dit oordek, en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook die muur van die dam van die waterleiding by die koning se tuin, en tot by die trappe wat van die Dawidstad afloop.
Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, honderd agt en dertig.
En Sallum, die seun van Jabes, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom voor die oë van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.
Sallum, die seun van Jabes, het in die nege en dertigste jaar van Ussía, die koning van Juda, koning geword en 'n maand lank in Samaría geregeer.
Daarna het Menáhem, die seun van Gadi, van Tirsa opgetrek en in Samaría gekom en Sallum, die seun van Jabes, in Samaría verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.
En die verdere geskiedenis van Sallum en sy sameswering wat hy gesmee het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
Toe gaan die priester Hilkía en Ahíkam en Agbor en Safan en Asája na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder--sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon--en hulle het met haar gespreek.
En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van die HERE die ingang bewaak het.
En Mattítja, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad.
Want so sê die HERE aangaande Sallum, die seun van Josía, die koning van Juda, wat in die plek van sy vader Josía geregeer het, wat uit hierdie plek uitgegaan het: Hy sal daar nie meer terugkom nie;