Skip to Content

Psalms Hoofstuk 48

1 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag. 2 Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg! 3 Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning! 4 God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting. 5 Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek. 6 Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug. 7 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar. 8 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis. 9 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela. 12 Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele. 13 Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings; 14 let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel, 15 dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe.